By Dappermuis waardeer ons kommunikasie met ouers en versorgers. Of u vrae het oor ons programme, ’n besoek wil reël, of hulp benodig, ons is hier om te help! Vul asseblief die kontakvorm hieronder in of kontak ons direk per telefoon of e-pos. Ons sien daarna uit om binnekort met u te skakel!
Skoolgelde
Ons fooie is R3000 per maand vir kleuters en R3100 per maand vir baba en peuters wat nog doek dra, vir 12 maande n jaar. Vir elke nuwe registrasie per kleuter/baba is die bedrag van R400 betaalbaar. Indien u 2 kinders het gee ons die afslag van R200 op totale bedrag af. Skoolgelde moet asb teen die 3de van elke maand betaal wees, skoolgeld is vooruitbetaalbaar. Kennisgewing: Indien u kleuter/baba die skool gaan verlaat, word u versoek om een kalender maand skriftelik kennis te gee. November is ongelukkig nie ‘n kennis maand nie.