Skip to main content

Ons Missie

By Dappermuis Kleuterskool skep ons ’n veilige, liefdevolle en inspirerende omgewing waar kinders kan leer, groei en floreer. As ’n trotse Afrikaanse en Engelse kleuterskool ondersteun ons kinders om selfvertroue in albei tale te ontwikkel deur spel, interaksie en daaglikse aktiwiteite.

Ons fokus op die holistiese ontwikkeling van elke kind—van babas tot Graad R—en moedig emosionele, sosiale, fisiese en vroeë akademiese groei aan. Ons passievolle span bied ’n versorgende “tuiste weg van die huis,” waar elke kind gewaardeer en ondersteun voel.

By Dappermuis glo ons kinders leer die beste deur spel, kreatiwiteit en ontdekking. Ons missie is om selfversekerde, gelukkige en skoolgereed kinders te ontwikkel wat opgewonde is oor hul toekoms.

Gesondheid

GEEN siek kleuters/babas met ‘n aansteeklike siekte mag skool toe kom nie en ook ongelukkig nie maatjies wat koors het nie.  Kleuters/babas wat antibiotika gebruik moet eers 24uur daarop wees en geen koors he nie,  voor die kleuter/baba mag terug kom skool toe.  Enige allergiese toestande moet onder ons aandag gebring word. Geen kind word met kopluise toegelaat nie.

Hoekom Dappermuis?

  • Tweetalige onderrig (Afrikaans & Engels)
  • Klein, liefdevolle klasse
  • Veilige en beskermde omgewing
  • Gekwalifiseerde, sorgsame onderwysers
  • Leer deur spel
  • Vanaf babas tot Graad R
  • Naskoolse sorg beskikbaar

Ouderdomme / Klasse

  • Babas
  • Peuters
  • Voorskool Graad R
  • Graad R
  • Naskoolse sorg

Daaglikse Aktiwiteite

  • Kreatiewe spel & kuns
  • Musiek en beweging
  • Buitespel
  • Vroeë leer (syfers, letters, vorms)
  • Storietyd
  • Sosiale ontwikkeling

Etes

Ontbyt is tussen 8-8.30 Om 10uur verskaf ons vrugte. Middag ete is om 12uur. Teen 3uur nm is daar weer ‘n versnappering nl, toebroodjie. Sap en water word deur die loop van die dag voorsien. ‘n Volledige spyskaart is beskikbaar vir besigtiging. Voedsel allergie moet asb met ons uitgeklaar word, geen lekkers van die huis af word toegelaat nie. Dag program: Die leerprogram begin 8.30 en almal moet dan in klassies wees, buitespeeltyd is van net na 10 tot 11..30. Roetine is baie belangrik vir ons, dit laat kleuters veilig voel. Buitemuurse aktiwiteite: Buitemuurse aktiwiteite word deur die ouers self gekies en is nie deel van skool aktiwiteite nie,  dit word tydens vryspeltyd aangebied.  Gelde word nie deur skool hanteer nie.

36 Campbell Ave, Valhalla Centurion

074 785 6557

Babas

Mamma moet haar baba se kot self toerus met n kombersie/kussing soos verkies.  Elke baba het sy/haar eie houer waarin wetwipes, doeke, boudjie salf ens in is, mamma moet dit self gereeld vul.  Gesteriliseerde bottels met die regte hoeveelheid water en formule moet elke dag ingpak word, ‘n ekstra voeding word aanbeveel. Ons verskaf vaste kossies vir babas vanaf 6 maande nl: pap, vrugte en groente met vleis volledige inligting rondom die voeding word met u bespreek.  Vir die heel eerte blootstelling aan vaste kossies van min of meer 4 maande af,  moet mamma asb die ryspap of Nestum ens self stuur en ook die purity vrugte, soos genoem bied ons eers vanaf 6maande af die etes aan. Baba stimulasie: U baba ontvang volledige stimulasie oefeninge wat deur arbiedsterapie toegepas word, bv balans op bal, vinding van middellyn en alles vir voorbereiding vir u baba wat moet kruip vir kognitiewe ontwikkeling.